Friday, November 27, 2009

My tafeldoek is uiteindelik klaar.

Na maande se harde werk is my tafeldoek uiteindelik klaar. En nou vertel ek myself dit is oordoen, te veel en en en... maar daar le hy nou maar op die tafel.
En hy pas darem by die gordyne.




n Stukkie wysheid



Dikwels het jy so baie werk,
Jy word vanuit alle oorde bestook,
Dikwels is die pad so moeilik,
Dan lyk die heuwels
Onoorkombaar, ook.

Maar onthou
Dat die heuwels wat voor jou lê
Nooit so styl is as wat hulle lyk,
Met geloof in jou hart moet jy begin,
En klim tot jy Jou droom bereik.

Want niks wat die moeite werd is
Is ooit te moeilik om te vermag
Solank jy die moed het om te poog
En die geloof om te glo elke dag

Geloof is immers 'n mag baie groter
As kennis, krag of bekwaamheid
En menige stryd word oorwin
As jy vertou op God se wysheid.

Want geloof kan enige berg versit
En daar is niks te moeilik vir Hom
Begin dus vandag met geloof in jou hart
En klim tot jou drome waar word.

Thursday, November 26, 2009

Wat het ons die laaste ruk gedoen?

Die laaste paar weke was n deurmekaarspul hier by ons. Eers is my selfoon gesteel en nie lank daarna nie,breek die modem ook. Dit het ons egter n rukkie gevat om agter te kom waar le die fout. Nadat Telkom alles getoets het en nie die fout kon kry nie,dring ek toe aan dat hulle die modem ook toets en daar kom die sondebok uit!
Net toe ek egter dink , nou is alles weer normaal toe pak die wasmasjien op en hy is nou al n week stukkend.
Intussen potty-train Ewan volspoed. Ek het gelees en baie raad gekry dat om n autistiese kind te potty-train nie maklik is nie,maar die Here was weer
getrou! Ewan is so self gemotiveerd en vasberade ek sukkel glad nie!


Golleta die skildpad en Sofa maak maatjies.



Lolla is besig om te vervel.




My eerste geel roos vir die seisoen.


Hierdie is veronderstel om n pers roos te wees.




Die enigste probleem met Ewan se potty-training is dat hy alles in oortreffende trap doen. Noudat dit warm is, wil hy nie sy klere aanhou nie en as ons weer sien hol hy deur die tuin sonder n draad klere! Hy hou ons fiks want ons moet hom die heeltyd jaag om sy klere aan te trek.
Hier het hy aan die slaap geraak met sy boek!





Die geld maak gier het Mathys en Christo beetgepak en die twee het lank en ernstig aan planne gedink om geld bymekaar te maak vir iets wat hulle baie graag wil he. Hulle besluit toe om koekies te bak en op die straathoek te verkoop. Ek wou eers in die grond insink,maar toe dink ek die ondervinding is die moeite werd -hoekom nie! Hulle het een hele dag gestaan en koekies bak en verpak. Hulle het tot vir Nikita in diens geneem en die volgende middag het hulle so ewe n tafeldoek bestel sodat dit mooi kan lyk. Die koekies was skaars uitgepak toe kom die eerste koper om die hoek.Hy het later teruggekom vir nog! Die een na die ander kar het gestop ,gekoop en aangery. Van hulle het ook weer teruggekom vir nog!Twee ure later was al die koekies verkoop en die twee het baie opgewonde en trots aan gehardloop gekom met al hulle geld.

Natuurlik het dit nie daar opgehou nie. Dit was so n reuse sukses dat ek hulle inderhaas winkel toe moes vat. Hulle het die geld gebruik om ander bestandele te koop en die keer besluit om lekkers te maak( wat hulle self nie geeet het nie want dit is glo ongesond)
Die volgende dag was hulle weer in die pad met hulle stalletjie. Hulle het bietjie vroeer begin. Dit was aanvanklik stil in die straat, toe bid hulle dat die Here mense sal stuur en sowaar daar kom die een na die ander weer verby! Met die laaste drie pakkies het dit begin reen,maar hulle het vasberade met n sambreel gestaan en waai vir almal en daar is die laaste drie pakkies ook toe weg. Hulle het n stewige profyt van R70 elk gemaak,die drie van hulle! En die satisfaksie wat hulle,saam met die ondervinding verkry het was vir hulle die moeite werd!

Hulle beplan nou om piesangs te verkoop, hoor ek...









Ek moet se hulle het regtig hard gewerk. Toe hulle klaar was, het hulle ook die hele kombuis skoongemaak en selfs die vloer uitgevee. Ma moes hier net bietjie praat, maar hulle was meer as gewillig. Hulle het geleer om agter hulleself op te ruim ook.







Wednesday, November 4, 2009

Ek het deur my tuin gestap....

Ek het deur my tuin geloop, en ek het droomverlore geraak in die mooi mooi kunswerke van n Almagtige hand!

Eendag twee jaar gelede,het ek deur Pick a Pay geloop en hulle het hierdie stok-steggies van aroma rose in plastiek sakkies verkoop. Ek het een gekoop-net vir R20! En hy het nog nooit opgehou blom nie,almal wat my ken het al n stukkie kom vra.

Dit is die miniatuur rankrosie wat so gelukkig oor my muur leun en n pragtige vertoning maak!


Ek moes n hele rukkie stil staan om hierdie bytjie vas te vang!


Kyk hoe kruip so klein stoutert weg!
















Hierdie jaar is ek regtig baie gelukkig met my rankrosie.Hy kom nie regtig tot sy reg op die foto nie. Hy is in werklikheid so pienk dat dit voel of dit weerkaats as ek daarna kyk!






En hier is my mooiste mooiste rosie ooit! Ek is baie lief vir haar!Drukkie vir mamma se poppie!XXX


Sy is baie lief daarvoor om mooi aan te trek en sal byna elke dag opdress in iets uit die boeke uit!



My klein Hubby, hy sit altyd net reg vir n foto met sy dierbare gesiggie!
Hy vertrou net vir Christo om sy hare te sny wat alewig oor sy oe hang-hierdie keer was dit bietjie kort!






Ons tuin in die agtermiddag wanneer hy vir my op sy mooiste lyk. Toe ons hierdie huis gekoop het was die tuin verwaarloos,maar ek het die potensiaal raakgesien en so verlief geraak daarop dat die huis my keuse was -ons het die tuin gekoop!! En wanneer dit sleg gaan , dan kan ek nog altyd vreugde hier vind!










Hierdie waterpoele het ons, dis nou ek en tuiningeneur, self gemaak. Ek het hom gate in die grond laat grawe, so diep soos wat ek hulle wou he en met die regte grootte. Toe maak hy die sementmengsel aan en voer dit uit. Toe dit droog is,het ons dit uitgehaal en ons byna dooooood gedra daaraan om dit hier te kry-dit was meer n sleep oor stompe met toue....







Die blommetjies groei in n bak in my huis.










Ek kan nie onthou wat noem n mens hierdie blomme nie, maar behalwe dat hy n groot hap uithet is hy nog vir my die moooiste blom! Is dit dalk n Amarila???











Monday, November 2, 2009

Hier is n email wat ek nou net ontvang het.Dit is sowaar die beste mondvol wat ek nog gehoor het! Ek moes dit net deel!


NOMINEE FOR "EMAIL OF THE YEAR"!!!



After being interviewed by the school administration, the prospective teacher said: 'Let me see if I've got this right. 'You want me to go into that room with all those kids, correct their disruptive behavior, observe them for signs of abuse, monitor their dress habits, censor their T-shirt messages, and instill in them a love for learning. 'You want me to check their backpacks for weapons, wage war on drugs and sexually transmitted diseases, and raise their sense of self esteem and personal pride. 'You want me to teach them patriotism and good citizenship, sportsmanship and fair play, and how to register to vote, balance a checkbook, and apply for a job. 'You want me to check their heads for lice, recognize signs of antisocial behavior, and make sure that they all pass the final exams. 'You also want me to provide them with an equal education regardless of their handicaps, and communicate regularly with their parents in English, Spanish or any other language, by letter, telephone, newsletter, and report card. 'You want me to do all this with a piece of chalk, a blackboard, a bulletin board, a few books, a big smile, and a starting salary that qualifies me for food stamps. 'You want me to do all this and then you tell me. . . I CAN'T PRAY?

Die tuisskool-rebelle


Die naweek het ons n dvd gekyk wat vertel dat tuisskolers en sekere ander groepe in die samelewing deur die "autoriteit" agter die regerings wat die wereld eintlik beheer beskou word as anti-regerings rebelle. Ek wil nie nou te diep oor die onderwerp praat nie,maar net vir interessantheid noem dat as jy jouself as n tuisskoler of selfs n Christen(met net een geloofsoortuiging)beskou,val jy ook in die rebellie-kategorie wat die owerhede,en wereldheersers in die nabye toekoms wil begin uitwis, want hulle kan ons nie beheer en besluit wat ons dink of glo nie....

Nikita en Mathys hou slak resies.

Ek het nog altyd gesukkel om te besluit of ek nou n homeschooler of n unschooler is,want ons het wel struktuur en roetine in sekere areas van ons dag,maar ek het nog nooit aan myself gedink as n rebel nie!
Wanneer ek skryf oor hoe ons lewe,wil ek nie daarmee se dat dit n wet is en almal behoort dit so te doen nie. Inteendeel, ek dink nie daar is 2 gesinne wat dit presies dieselfde BEHOORT te doen nie.My idee daarvan is my idee daarvan .Ek skryf daaroor omdat soveel ander tuisskolers daaroor uitvra, so vat wat jy van hou en los wat nie vir jou is nie.

Mathys het n slang en reptiel kursus gedoen laasjaar.Hier
is hy besig om sekere opdragte uit te voer.

Vir my is tuisskool of unschooling nie n keuse van skool of metode van leer nie, dit is die lewensstyl wat ons gekies het.Ek sien leer as n natuurlike proses wat spontaan plaasvind as ek die belangstelling prikkel, die geleenthede verskaf, en my kinders genoeg vertrou en toevertrou aan die Here om dit vir hulleself uit te werk.
Soos William Butler Yeats gese het:
Education is not the filling of a bucket, but the lighting of a fire.
Nog n goeie aanhaling is: "Children are born passionately eager to make as much sense as they can of things around them.If we attempt to control,
manipulate or divert this process... the independent scientist in the child disappear.


Om te unschool vra net baie baie meer geloof en vertroue in die Here en ons kinders as wat ons bereid is om te gee. Iemand het eenkeer gevra: watter waarborg is daar vir sukses met unschool of selfs tuisskool? Ek wil n teenvraag vra: Watse waarborg is daar dat die kind wat skool toe gaan sukses sal smaak?Die groot meerderheid van kinders in skole eindig op met emosionele letsels en leer nooit vir hulleself dink nie( soos die owerhede dit verkies).Hoeveel Einsteins het uit skole gekom? Net vir ingeval jy dit nie weet nie- Einstein was n homeschooler, asook Thomas Edison en 7(waarvan ek weet)
Met die bouery laasjaar het die kinders die voorreg Amerikaanse presidente.
gehad om saam te ploeg en te werk-iets wat hulle nooit
sal vergeet nie!!
Meer oor my kinders
Mathys is n self-leerder in elke opsig.
Hy lees baie graag en lees gewoonlik oor insekte,reptiele ens. Hy stel ook belang in wetenskap en kan baie goed teken. Hy stel ook belang in mikrobiologie en die liggaam se werking. Hy lees ook graag oor sterrekunde en planete. Hy hou niks van wiskunde nie , maar het onlangs besluit dat hy wil wiskunde doen omdat hy dink hy gaan dit nodig he in die toekoms.Hy was nooit gelukkig toe ons nog "skool" gehad het nie,vandat ons hom los om sy passies uit te leef, is hy n baie kalm kind. Ek staan verstom oor wat hy alles op sy eie leer
George Bernard Shaw het gese: What we want is to see the child in pursuit of knowledge, and not knowledge in pursuit of the child. Toe ons begin "unschool" het het die kinders vir maande nie naby n boek gekom nie,hulle het heeldag gespeel,geteken,en alles gedoen wat "lekker" lyk.
Daar was tye wat hulle verveeld was,wat ek hulle ook nie heeltyd besig gehou het nie,omdat ek dikwels met Ewan terapie moes doen. Ek het soms in histerie by die Here gehuil dat hulle agter raak maar die Here het my elke keer weer gerus gestel dat Hy hulle leer soos Hy is Jesaja 54 se!
Dit was asof hulle vir byna n hele jaar "niks" geleer het nie! En toe eendag begin die blomme blom van die plante wat toe al die tyd hulle wortels gegroei het! Hulle lees,doen soms wiskunde,leer sonder dat hulle besef! Hulle ontwikkel nuwe belangstellings , ek bly nie voor nie!

Christo is n baie praktiese kind wat daarvan hou om planne en oplossings vir net mooi enige iets uit te dink. Hy hou daarvan om dinge wat breek in die huis reg te maak.Hy hou daarvan om nuwe dinge uit te dink en te ontwerp. Hy bou ook graag konstruksies met lego's en ander dinge soos afval hout. Hy is my mees behulpsaamste kind, sy hande staan vir niks verkeerd nie,hy help net waar hy kan. Hy hou daarvan om kos te maak en het n fynproewers-smaak wat altyd sy eerlike opinie oor kos sal gee. Hy is mal oor tegnologie en is altyd die eerste een wat weet hoe n nuwe ding werk! Hy haaaaaat lees en
wou nooit ooit niks daarvan weet nie. Ek het hom net uitgelos. Sowat n maand terug het hy verklaar dat hy 2 nuwe dinge wil doen: Hy wil leer fiets ry( want hy wou dit ook nooit doen nie!) en hy wil lees! Ons het nog nie baie gevorder op laasgenoemde nie,maar daai klagte le ook daar erens by Jesus se voete...Hy is baie lief vir wiskunde en vra daarvoor met groot opgewondenheid.

Ek is druk besig met n geskiedenis projek wat ek besig is om te ontwikkel wat ek dink geskiedenis baie interessant gaan maak. Ek sal meer daaroor later skryf wanneer ek tot op n punt daarmee gevorder het.Ek sal dieselfde idee ook vir "aardrykskunde" gebruik. Dit is weereens nie iets wat ek op hulle gaan afdwing nie, maar n middel wat ek net gaan beskikbaar stel vir wanneer die belangstelling daar is.
Ons hou van tuinmaak. Elke kind het sy eie tuin en hulle plant ook graag groente.Albei my seuns stel baie belang in fotografie, net soos ek en Johan. Ek glo dat as ek my passies uitleef, dit aansteeklik sal wees. Mathys se belangstelling in reptiele het daartoe gelei dat hy betrokke geraak het by die reptiel vereniging. Ons is n bewarings sentrum vir skildpaaie en verkleurmannetjies ook.Christo het n "hoender-besigheid".
Hy verkoop gereeld hoenders en ma koop al sy eiers. Hy het vir boetie en sussie in diens geneem om sekere take te verrig en hy betaal hulle n salaris!
Nikita is baie lief vir diere en het n baie sagte hartjie. Sy hou daarvan om scrapbooking te doen en verf en teken en kleur graag in. Sy hou ook daarvan om te "dress up". Sy trek gereeld soos een of ander onherkenbare iemand aan...Sy het van kleins af n baie fyn aanvoeling vir aantrek en het die wonderlikste vermoe om kombinasies bymekaar te sit. Sy trek haarself aan vandat sy 1 en n half jaar oud is.Sy is nie besonder mal oor poppe nie, en kan met die snaakste goed speel. Soms sal sy wel n pop of 6 uitgrawe en erens gaan sit en speel.

Ek gebruik graag "narrations" wanneer ek vir my kinders voorlees. Ons maak n groot speletjie daarvan en hulle geniet dit baie. Ek sal n bladsy lees en dan vir een kind vra om dit terug te vertel. Ek lewer glad nie kommentaar of praat tussenin nie, sodat hy kans kry om sy gedagtes mooi te formuleer. Ek sal n "tape recorder" gebruik om dit op te neem en dit vir hulle terugspeel. Hulle hou daarvan om na hulle eie stemme te luiser! Narrations is baie baie effektief. My kinders kan nou nog onthou wat ek vir hulle 2 jaar terug gelees het omdat hulle dit met narrations gedoen het!

Dit het nooit by my opgekom hoe ons kinders verskil van kinders wat in skole is nie, omdat ons baie min kontak met sulke kinders het. Sowat n maand terug het ons egter n situasie gehad waar twee kinders sommer hier opgedaag het nadat Mathys en Christo met hulle fiestse in die pad gery het. Nadat hulle so n rukkie buite gespeel het, vra die een maat toe of hy koeldrank kan kry. Christo het hom toe vinnig met groot gasvryheid na die waterkan toe gelei en hom meegedeel dat n mens water drink as jy dors is en dat ons nie koeldrank, tee of koffie drink nie. Terwyl ek in die kombuis besig was om middagete te maak het ek n gesprek tussen die kinders gehoor waar my kinders vir die een seun se dat hulle vir hom en sy ouers sal bid, want n mens rook nie en luister ook nie na "sulke" musiek nie... Alles wat ek by die kinders gesien het het my onrustig gemaak oor watse soort maats hulle sou wees. Ek het egter besluit om n lang storie kort te maak om nie op te tree nie, maar die hele saak na die Here toe te vat. Ek het geredeneer:dalk moet ons iets vir hierdie kinders beteken.Ek het gebid dat as die Here hulle hier geplaas het vir n rede dan sal ons graag vir Hom iets wil doen,maar as hulle nie hier moet wees en vriende vir my seuns moet wees nie, dan moet die Here dit so laat verloop. 2 Weke het omgegaan, wat die een kind bly kom kuier het,die ander een het nie meer gekom nie. Tot eendag toe Mathys hulle gaan fiets ry en hom langs die pad raakloop met n ander kind. n Paar minute later het hulle huis toe gekom en Mathys het verklaar dat hy nou weet dat die drome wat hy gedroom het, waarskuwings van die Here af was oor hierdie maat. Want toe hulle vir hom vra of hy in Jesus glo toe se hy nee,hy aanbid die duiwel. Ek en Johan het nooit ingemeng nie, ons het net daaroor gebid en sonder dat ons ooit iets gese het het die Here dit self opgelos.


Roetine en take
Ek en Johan staan elke more 5 uur op om eers n uur se stilte op ons eie te he saam met die Here.Hy is my koppie koffie aan die begin van elke dag wat my kop op my lyf hou en my bene onder my! Om ses uur is ek in die kombuis besig met ontbyt. Ons het altyd "smoothies" gedrink, maar deesdae maak ons ontbyt die grootste ete van die dag soos Christo Lues aanbeveel het. Die kinders word almal op hulle eie almal van 6uur af wakker. Dit is nooit vir hulle gese nie,dit is interessant,hulle doen dit vanself.

Dan sal Mathys en Nikita die "dishwasher" uitpak en alles bere. Christo bak eiers en help met die ontbyt.Ewan haal vir homself n beker sap uit die yskas.Johan maak die ons bed op en help gewoonlik ook in die kombuis tot ontbyt gereed is.
Na ontbyt gaan Pa gewoonlik werk toe en ons kom bymekaar om Bybel te lees. Daarna versorg almal hulle diere,maak beddens op,maak aan die kant en trek aan ens.



Maandae en Vrydae maak ek en die kinders saam huis skoon. Mathys en Christo maak hulle kamer,die een badkamer,die gang en 2 ander klein vertrekkies skoon. Nikita maak haar kamer skoon. Ek maak dan gewoonlik die leefvertrekke skoon saam met my kamer,badkamer en die kombuis.
Dinsdae was ek wasgoed.Nikita help onderklere opvou. Johan help my soms stryk of anders sal hy die kombuis skoonmaak in die aand en ek sal stryk.


Dinsdag,Woensdag en Donderdag sal ons net die huis aan die kant hou. Dit is ook gewoonlik die dae wat ons gebruik om allerhande aktiwiteite te doen. Vrydae maak ons in die oggend die huis skoon en ontspan bietjie in die middag of doen iets interessant.
Vrydag aand kyk ons saam met die kinders n familie fliek en maak dit sommer n lekker kuier aand.
Saterdae is gewoonlik die dag waarop ons alles doen waarvoor ons nooit tyd kry nie.
Sondae is ons rusdag. Ons maak kos en hou kerk saam met die kinders en slaap, lees ens.

Toe my kinders klein was het ons soms met tye n huishulp gehad.Ek word gevra hoekom ek nie nou een het nie, daar word selfs gese dat ek gaan "uitbrand"! Die geld is tot vir my aangebied om een te kry maar ek verkies om dit self te doen, want ek glo dat dit een manier is om my kinders se karakters te vorm. Toe hulle almal klein was was dit moeilik en ek het soms een gehad,maar noudat hulle ouer is werk dit baie goed om hulle betrokke te maak by die huishouding.



Ons oorlaai hulle nie met werk nie, ek glo dat hulle hope tyd moet he om te speel en te doen wat hulle wil.Elkeen het sy take wat hy gewoond is om te doen en dit is nie meer vir hulle snaaks nie, hulle doen dit en kry klaar. Ek glo dat dit hulle maak wie hulle is- netjies,behulpsaam en bedagsaam. Hulle leer ook om nie net alles te ontvang en iemand te he wat heeltyd agter hulle skoonmaak nie.
Ons het begin met een takie op n slag en geleidelik nog een bygevoeg. Hulle kry sakgeld as beloning aan die einde van die maand.

Vir my is die hele idee van tuisskool om my kinders die realiteit van die lewe te leer. Hulle moet van kleins af leer om bedagsaam,onselfsugtig ens te wees. Hulle moet geloof in aksie beleef en nie net daarvan lees in die Bybel nie. Hulle moet leer om met geld te werk en nou al leer hoe om te leef en wat dit vat om n huishouding te versorg.


Hierdie laaste foto het ek bygesit as een van ons idees. Op Linnie se blog het sy oulike webtuistes in een van haar artikels genoem wat ek toe gaan besoek het .Daar het ek nou regtig allerhande oulike idees en aktiwiteite vir kinders gekry om te doen. Ek het baie van dit uitgedruk en in Ziplock sakkies vir Nikita gepak om te doen wanneer sy so voel. Sy is versot op sulke aktiwiteite en geniet hierdie baie. Daar is regtig iets van alles.

Ek hoop dat dit n bietjie insig, n bietjie inspirasie sal wees vir die wat dit wil he.

Wednesday, October 28, 2009

Iets van alles

Vandag was ons gou winkel toe om n paar goedjies te gaan koop wat klaar was.In Pick a Pay was hierdie blomplant die eerste ding wat Nikita raakgesien het. Sy was in soveel ekstase daaroor dat ek dit ook nie kon weerstaan nie! En hier staan sy nou op ons tafel en lyk so vrolik dat ons net om haar (sy is pienk)bly draai!Ons noem haar die Dolkie-blom.
Ons eerste ertjies uit ons groentetuin!
Hulle is heerlik soet.

Ons eerste boontjies-kyk hoe lank is hulle!!


Met die perskes van ons bome het ek gou n paar bottels ingele- net in gesuiwerde water gekook vir 5 minute.



Ons perskes.




Ons was almal vreeslik bly oor hierdie rekord perske- daar is darem n paar van hulle.





Ons eerste perskes.






Hier is rose uit ons tuin, perskes van ons bome en olyfolie wat ek gegeur het met roosmaryn.







Ons hoenderbende van een koninghaan en drie koninginhenne en n paar kleintjies.








Nikita se blomme in haar tuin.









Kyk net na hierdie mooi rooie!










Die spinasie kom nou mooi aan.











En die wortels ook. Ek hoop hulle is mooi hierdie jaar want ek het nooit groot sukses met wortels nie omdat ek en die "tuiningeneur" alewig n debat het oor om dit uit te dun en hy luister nie.











Ons aartappels groei mooi. Ek het vier keer aartappels ingesit op verskillende tye.















Nog n oes boontjies en ertjies.














Related Posts with Thumbnails