Wednesday, November 4, 2009

Ek het deur my tuin gestap....

Ek het deur my tuin geloop, en ek het droomverlore geraak in die mooi mooi kunswerke van n Almagtige hand!

Eendag twee jaar gelede,het ek deur Pick a Pay geloop en hulle het hierdie stok-steggies van aroma rose in plastiek sakkies verkoop. Ek het een gekoop-net vir R20! En hy het nog nooit opgehou blom nie,almal wat my ken het al n stukkie kom vra.

Dit is die miniatuur rankrosie wat so gelukkig oor my muur leun en n pragtige vertoning maak!


Ek moes n hele rukkie stil staan om hierdie bytjie vas te vang!


Kyk hoe kruip so klein stoutert weg!
















Hierdie jaar is ek regtig baie gelukkig met my rankrosie.Hy kom nie regtig tot sy reg op die foto nie. Hy is in werklikheid so pienk dat dit voel of dit weerkaats as ek daarna kyk!






En hier is my mooiste mooiste rosie ooit! Ek is baie lief vir haar!Drukkie vir mamma se poppie!XXX


Sy is baie lief daarvoor om mooi aan te trek en sal byna elke dag opdress in iets uit die boeke uit!



My klein Hubby, hy sit altyd net reg vir n foto met sy dierbare gesiggie!
Hy vertrou net vir Christo om sy hare te sny wat alewig oor sy oe hang-hierdie keer was dit bietjie kort!






Ons tuin in die agtermiddag wanneer hy vir my op sy mooiste lyk. Toe ons hierdie huis gekoop het was die tuin verwaarloos,maar ek het die potensiaal raakgesien en so verlief geraak daarop dat die huis my keuse was -ons het die tuin gekoop!! En wanneer dit sleg gaan , dan kan ek nog altyd vreugde hier vind!










Hierdie waterpoele het ons, dis nou ek en tuiningeneur, self gemaak. Ek het hom gate in die grond laat grawe, so diep soos wat ek hulle wou he en met die regte grootte. Toe maak hy die sementmengsel aan en voer dit uit. Toe dit droog is,het ons dit uitgehaal en ons byna dooooood gedra daaraan om dit hier te kry-dit was meer n sleep oor stompe met toue....







Die blommetjies groei in n bak in my huis.










Ek kan nie onthou wat noem n mens hierdie blomme nie, maar behalwe dat hy n groot hap uithet is hy nog vir my die moooiste blom! Is dit dalk n Amarila???











9 comments:

Sandra said...

Jou tuin is pragtig Sonja en dit lyk na 'n wonderlike rustige plek om tyd saam met ons Pappa te spandeer.

Vandat ek hier in die woestyn is weet ek dat selfs 'n geleentheid om buite te wees,'n groot voorreg en blessing is.

mariki said...

Die ink van jou skrywe is skaars droog, Sonnie, of ek is hier!! (Sal nog die ander ene beslis ook beantwoord, hoor.)

Mense, WAT 'n fees. (Nee, die koffiedrink is nou weer in JOU tuin!)

Blommevrou, Vreugdevrou, Dapper Vrou, dit is jy! Oe, jy is 'n inspirasie -- dankie, Sonjatjie. My dag is STUKKE mooier en ek het nuwe lus om my take nou volspoed storm te loop. So gebruik die Here ons om mekáár te bemoedig!

Lekker slaap, hoor.
Liefde
m

Sonja said...

Ja, ja !! Kom drink koffie! Ek sal vir ons n tafeltjie in die tuin neersit met twee stoeltjies,twee klein koekies en twee koppies koffie,moenie laat wees nie,hoor, die koffie gaan koud word! Dankie dat jy dink ek bemoedig jou, maatjie!XXX

Sonja said...

Sandra,dis so waar,ek voel die naaste aan my Heiland as ek deur die tuin loop,Hy bly die hoogste kunstenaar wat daar is!

Nikki said...

Oh wow, Sonja! Your garden is beautiful! And your most beautiful Rose-just the sweetest!

Sonja said...

Thank you Nikki!

Ogies said...

Liewe aarde maar jy het 'n mooi tuin. Jy't nie dalk lus vir so ou wegbreek "werk vakansietjie" nie? Hier so in die omgewing van 1 Jan 2010? Ons trek in ons eie huisie in en groen vingers het ek beslis nie.

Zee said...

WOW jou tuin is pragtig!!!!

Jip, dit is 'n Amarila.... Ons het 4 verskillende kleure in ons tuin en hulle blom ook nou almal!

Sonja said...

Dankie Zee!Watse kleure kry mens nog?? Ek is nie so bekend met hulle nie,ek het nie geweet jy kry nog kleure nie!Wil jy nie n foto daarvan op jou blog sit dat ons kan sien nie??


Ogies,as jy hier gebly het sou dit vir my n eer gewees het om jou te kom help,want ek is MAL oor tuinmaak en het tonne idees,ek is nog steeds bereid om raad te gee waar ek kan!! So n wegbreek vakansie sou sowaar lekker gewees het!! Geluk met die nuwe huis! Dit is altyd iets om na uit te sien, jy is seker baie opgewonde!

Post a Comment

Related Posts with Thumbnails